Maak Blou Rissie jou 1ste keuse.
Gee jou kind 'n vreugdevolle leer ervaring
Blou Rissie het ‘n Kleuter Akademie asook ‘n naskool sentrum, geleë in Risiville. Babas vanaf 3 maande en kleuters tot 4 jaar is welkom.
By die Blou Rissie is ons ingestel op ‘n holistiese ontwikkeling, Om kinders en ouers gelukkig te sien is vir ons belangrik, daarom bied ons top-gehalte fasiliteite, kwaliteit onderrig en sorg vir u kind.
Om u kind ‘n vreugdevolle skool ervaring te bied is jou prioriteit en ook ons sin by Blou Rissie. Ons streef daarna om ‘n kwaliteit verhouding met elkeen te bou. Kies die beste vir jou kind.
Individuele aandag
Waar kind wees lekker is
Kwaliteit Onderig
Net die beste is goed genoeg
Visie
Ons word deur kinders geïnspireer, deur die jare wat ons met hulle werk, om met kinders te werk is ons passie. Om die ontwikkeling van u kind te verseker in alle aspekte rakende: fisiese, sosiale, emosionele en intellektuele ontwikkeling. Ons visie is om die beste kindersorgfasiliteit te wees en ons visie met ander te deel.


Missie
Ons voorsien kinders, ouers en die gemeenskap van ‘n unieke kindersorgfasiliteit om kinderjare te verryk, te ondersteun en te vier. Deur gestruktureerde ouderdomstoepaslike aktiwiteite en speletjies sal leerders vertroue in hul eie vermoëns kry en verantwoordelikhede aanleer. Die aanvaarding van verantwoordelikheid en die ontwikkeling van onafhanklikheid is een van die belangrikste lewensvaardighede. Ons missie is om dit by elke kind te vestig. Nasorgkinders word met dieselfde missie behandel.
Doelwitte
Ons wil fokus op langtermynmotivering en om kinders aan te moedig om by hul omgewing betrokke te raak en nuwe uitdagings te ervaar, om hulle blootstelling te bied om op ‘n prettige en holistiese manier te leer.
Om ‘n veilige, rustige en netjiese omgewing te skep om betrokke te raak by leer en gestruktureerde speeltyd, om ‘n positiewe en opbouende omgewing te verseker sodat ouers hul kinders met ‘n geruste hart kan laat.
Ons wil ouers voorsien van ‘n koesterende en bekwame kindersorgfasiliteit wat ten volle beskikbaar is vir ouers en kind.
