Wat ons bied
Top-gehalte fasiliteite, kwaliteit onderrig en sorg vir u kind.
- Nasorgklas beskikbaar vir Gr.RR tot Gr.7
- Naskoolse vervoer: LS Risiville - Vervoer vanaf en na buitemuurse aktiwiteite ook beskikbaar.
- Gesonde etes en versnaperinge word voorsien.
Naskool Sentrum
Ons bied ‘n veilige en gestruktureerde nasorgprogram, kinders word onder toesig gehou en met huiswerk gehelp. Waar ons die ekstra myl gaan om kinders en ouers te ondersteun. Ons bied ook ekstra wiskunde klasse en lees aan. Volledige opvoedkundige vakansieprogram is beskikbaar tydens skool vakansie, wat insiggewend is en die gedagtes van ons jong kinders oopmaak.
Kleuter Akademie
Kleuters is gemaak om te speel, dit is presies wat ons hier by Blou Rissie doen, leer deur speel. Ons kreatiewe en innemende benadering tot leer moedig kinders aan om in ‘n prettige en veilige omgewing te leer. Ons bied goeie ondersteuning en sorg vir elke kleuter. Deur voortdurend by ons kinders te leer en hul omstandighede en behoeftes in ‘n vinnig veranderende wêreld te verstaan, gee ons die geleentheid om hul aanmoedig, groei en aanpassing te verskaf.
Graad RR klas
Hier word fondasie gele om gereed te maak vir groot skool. Met individuele aandag en klein groep is dit moontlik om elkeen se potensiaal raak te sien en daarop te bou. Om kleuters gelukkig en versorg te sien, is vir ons ‘n prioriteit.
Baba sorg
Babas vanaf 6 maande word verwelkom in ons rustige en gemaklike baba klas atmosfeer. Klein groem met liefdevolle sorg en aandag. Stimileerende aktiwiteite word aangebied om baba mylpale te bereik.






Naskool Sentrum
Kleuter Akademie
Baba Sorg
Ekstra Klasse
Monkeynastix
Rinico Rekenaar klas
Kontak Caramia
Ons sien uit om u kind hier te verwelkom
Michael straat 11,
Risiville
0836260275
kleuters@blourissie.co.za | naskool@blourissie.co.za